Wie is ons

Kumtu Avonture
Kumtu-avonture is 'n toerbesigheid wat onder die vaandel van Christine van Wyk Toere staan.  Die besigheid is deur Bertus Louw en Annake de Villiers begin nadat 'n behoefte vir hoë kwaliteit toere met 'n vars en unieke aanslag vir 'n jonger mark geïdentifiseer is.

 

Christine van Wyk Toere
Christine van Wyk Toere is een van Suid-Afrika se voorste buitelandse toermaatskappye met meer as 30 jaar ondervinding in die bedryf en 'n reputasie vir uitstekende organisasie en hoë kwaliteit toere na verskeie dele van die wêreld.  In 2010 alleen het hulle ongeveer 750 Suid-Afrikaners op verskillende opwindende oorsese reise geneem.  Die firma word jaarliks oorval met boodskappe van toerlede wat getuig van die uitstekende diens wat hulle van Christine van Wyk Toere ontvang het.
Christine van Wyk Toere is lid van SATSA, Southern Africa Tourism Services Association, lidmaatskapnommer 770.

 

Bertus Louw
BertusBertus is 'n kleinkind van Christine van Wyk en het reis in sy bloed.  Met reise na meer as 40 verskillende lande oor die afgelope 20 jaar op sy kerfstok, het hy geweldig baie ervaring en bring 'n besonderse kwaliteit na enige toer waarby hy betrokke is.

Bertus is 'n entrepreneur en filmmaker en sy betrokkenheid by noodlenigingswerk het hom na verskeie rampgebiede van Noord-Irak tot Indonesië geneem.

 

Bertus is the grandson of Christine van Wyk and thus it’s no surprise that traveling makes him tick! He has explored over 40 different countries in the past 20 years.  His wealth of traveling experiences adds a unique quality to Kumtu Adventures.

Bertus is an entrepreneur and film maker and his involvement in aid work has taken him to various disaster stricken areas such as Northern Iraq and Indonesia.

 

Annake de Villiers

Annake De Villiers

Annake is een van Suid-Afrika se gewildste violiste en 'n bekende op Suid-Afrikaanse verhoë, in die media en op die silwerdoek. 

Sy is lid van die Johannesburgse Feesorkes, Johannesburgse Filharmoniese-orkes en die Suid-Afrikaanse kamerorkes.  Sy het onder andere opgetree in die bekende “Rock me Amadeus”, “Roll over Beethoven”, “Sonder Grense”, “The Lion King” en die klankbaan van die rolprent, “Spud”. Annake is gereeld by Kunstefeeste, insluitende Grahamstown, Windhoek, Aardklop en KKNK te sien.  Sy het saam met wêreldbekende kunstenaars soos Josh Groban en Luciano Pavarotti opgetree en is al drie maal uitgenooi om vir die Prins van Jeddah in Seychelle op te tree.

Behalwe vir haar gereelde toere in Suidelike Afrika, het Annake ook al Europa, Suid-Amerika, die Midde-Ooste en Verre-Ooste platgereis. Annake het reeds twee albums vrygestel: “U-turn” en “Santa's Violin”.

 

Annake is one of South Africa’s most popular violinists and is regularly seen on South African stages as well as on television and in the media.

She is a member of the Johannesburg Festival Orchestra and was also seen in theatre shows such as ‘Rock me Amadeus’, ‘Roll Over Beethoven’ and ‘Sonder Grense’.  She frequents the festival scene such as Aardklop, KKNK and the Grahamstown festival.

She has shared the stage with various international artists such as Josh Groban, Andrea Bocelli, Katherine Jenkins and Luciano Pavarotti.

Apart from her local travels, she has also traveled extensively through Europe, South America and the Middle East.

Annake has already released two albums: ‘U-Turn’ and ‘Santa’s Violin’.

 

Die Naam KUMTU:

Kumtu Logo’n Ou San-legende vertel die storie van Kumtu, ’n jong seun wat daarvan gedroom het om oor die verste horisonne te reis.  Volgens die legende kon ’n mens gereeld vir Kumtu kry waar hy op ’n koppie sit en oor die vlaktes uitstaar, terwyl sy gedagtes ver paaie loop na vreemde lande waar onbekende volke woon.

Laat een middag, terwyl Kumtu in die middel van een van sy fantasie-avonture was, het ’n nuuskierige meerkat hom glo onderbreek om te vra waarna hy so staar.  Die seun het vir die diertjie van sy droom om oor die verste heuwels te reis, vertel.  Die meerkat wou weet of hy dan nie gelukkig was waar hy woon nie.  Kumtu het verduidelik dat hy nie òngelukkig was nie, maar dat hy altyd soos ’n halwe mens sou voel solank sy oë nie die wêreld anderkant die horison kon sien nie.  Sy hart het hom met elke klop geroep om die son oor die ver berge te volg.

Toe die meerkat dít hoor, het hy vreeslik opgewonde geraak.  Voor sy dood het die meerkat se oupa vir hom twee antieke eland-hoewe gegee wat skynbaar bonatuurlike kragte gehad het.  Volgens die oupa was al die verborge kragte van die mistieke eland in die hoewe opgesluit.  Iemand wat op die hoewe trap, sou vinniger as ’n jagluiperd kon hardloop, hoër as ’n arend kon vlieg, beter as ’n uil kon hoor en verder as ’n aasvoël kon sien.  Dit was nou die jong meerkat se verantwoordelikheid om die waardevolle hoewe veilig te bewaar en indien dit enigiets ou oorkom, sou’n vreeslike vloek hom tref.  Hy sou slegs van hierdie verantwoordelikheid onthef word indien hy iemand sou ontmoet wat die hoewe nodig het om ’n moeilike taak aan te pak of groot droom te verwesenlik.

Die meerkat het nie eens op Kumtu se reaksie gewag nie, maar is soos blits daar weg, om oomblikke later met sy kosbare besitting terug te keer.  Kumtu wou die meerkat aanvanklik nie glo dat daar enigiets buitengewoons aan die ou hoewe was nie en wou weet waarom die meerkat dit dan nie self gebruik het nie.  Die diertjie het verduidelik dat hy slegs die bewaker van die misterieuse hoewe was en dat hy nog nooit die hoewe nodig gekry het nie.  Die bonatuurlike kragte in die eland-hoewe kon slegs deur ’n geweldige sterk begeerte of groot droom wakker gemaak word.

Die seun was steeds nie oortuig nie, maar het besef dat hy niks het om te verloor nie.  Hy het met elk van sy voete op een van die hoewe getrap.  Niks het gebeur nie.  Kumtu het die meerkat vies aangekyk en was op die punt om iets te sê, toe dit voel asof ’n weerligstraal deur sy liggaam skiet.  Hy het sy asem vinnig ingetrek en dit het kompleet gevoel asof ’n duisend klein miertjies oor sy voete hardloop.  Toe hy af kyk, het sy oë so groot soos pierings geword.  Dit het gelyk of die hoewe besig was om sy voete in te suig en aan sy enkels vas te groei, terwyl ’n kragtige stroom energie deur sy bene gevloei het.  Die volgende oomblik het die regterhoef in die sand vasgeskop en Kumtu het so vinnig vorentoe geskiet dat hy oortuig was sy bene gaan die res van sy lyf agterlaat.  Daar was nie eens ’n oomblik om weer in die meerkat se rigting te kyk nie.  Dit was asof sy bene ’n lewe van hulle eie gekry het en hy het soos ’n honger roofdier versnel.  Vinniger as ’n jagluiperd... Die wind het sy oë gebrand... Alles om hom het in dowwe strepe verander... Hy het geen benul gehad waarheen die hoewe met hom op pad was nie, maar dit het nie saak gemaak nie.  Daar was nie ’n druppeltjie vrees nie... net ’n oorweldigende opgewondenheid wat deur hom geborrel het.  Kumtu het sy oë toegemaak en sy arms wyd uitgestrek.  Dit het gevoel of alles om hom lig raak; asof ‘n sterk wind hom optel en soos ’n blaartjie die lug indra.

Toe Kumtu weer sy oë oopmaak, het hy af gekyk en na sy asem gesnak.  Ver onder hom het ‘n trop buffels teen ’n bult af beweeg.  Die diere het soos klein, swart kewertjies gelyk.  Steeds het die hoewe hom hoër geneem... verby die wolke... hoër as ’n arend...

Die eland-hoewe het Kumtu op ’n onbeskryflike reis om die wêreld geneem.  Hy het talle lande met fabelagtige landskappe en buitengewone diere gesien.  Hy het stede en dorpe besoek waar mense vreemde tale praat en eienaardige gewoontes het.  Kumtu het ontdek dat die wêreld ’n kleurryke en fassinerende plek is.  Hy het agtergekom dat, al lyk en klink mense oor die wêreld almal verskillend, elkeen tog op ‘n sekere manier presies dieselfde is.  Hy het geleer dat al doen mense dinge wat geheel en al anders is as waaraan hy gewoond is, dit nie noodwendig verkeerd is nie – net anders.  Hy het besef dat die land waar hy vandaan kom, uniek en uitsonderlik mooi is.  Dit was inderdaad soos die meerkat gesê het: Kumtu se lewe sou nooit weer dieselfde wees nie.

Volgens die legende is Kumtu steeds op reis deur die wêreld, maar nou en dan gaan soek hy weer die meerkat op om vir hom van al sy ondervindinge te vertel.  Omdat Kumtu besef dat hy nie die wonder-krag van die hoewe vir homself mag hou nie, is hy gedurig op die uitkyk vir potensiële mede-reisigers wat ook droom van avonture oorkant die verste horisonne...

 

 

 

Rynvallei Lied

There seems to be an error with the player !

Volg ons