Prosedure

INSKRYWINGS VIR 2011 IS GESLUIT.  INLIGTING EN INSKRYWINGS VIR TOERE IN 2012 SAL BINNEKORT BESKIKBAAR WEES.

BELANGRIK: Lees die volgende noukeurig deur, voordat jy inskryf:

INSKRYWING:

Ons kan ongelukkig vir niemand plek hou nie.  'n Inskrywing is eers geldig wanneer ons beide jou deposito en inskrywing ontvang het.  Plekke is beperk – skryf dus so gou moontlik in om seker te maak dat jy kan saamgaan.

DEPOSITO

Volg asseblief die volgende vier stappe om vir die Ryntoer in te skryf:

1. Klik op Inskrywingsvorm onder "Skryf hier in" aan die regterkant van hierdie bladsy.  Die inskrywingsvorm moet volledig voltooi word en jou volle name moet verstrek word.  Ons kan ook vir jou 'n inskrywingsvorm per e-pos aanstuur.  Kontak ons gerus by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

2. Betaal 'n deposito van R3 000 (met jou voorletters en van as verwysing) in die volgende bankrekening in:
Kumtu-avonture
Standard Bank Pretoria-Noord
Takkode: 01-04-45 
Spaarrekeningnommer: 034803424

3. Stuur asseblief die bewys van betaling saam met jou naam en telefoonnommer na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it om jou plek te verseker.  Jy kan dit ook faks na 086 539 3861.

4. Stuur 'n foto van jouself wat ons in 'n fotoboekie vir alle toerlede kan publiseer, na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Sodra ons jou inskrywingsvorm en deposito ontvang, stuur ons aan jou Toerbrief Nr 1 wat al die verdere reëlings en besonderhede bevat.  Daarna ontvang jy ook gereeld toerbriewe met nuus en inligting.

Alle korrespondensie geskied per e-pos, maak dus seker dat jy 'n werkende e-posadres het.  Laat ons onmiddelik weet indien jou e-posadres, selnommer of enige ander inligting verander, deur 'n e-pos te stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

LW – Baie belangrik!
Ingeskrewe toerlede wat vóór 25 Maart 2011 skriftelik kanselleer, kry R2 500 van die deposito terug.  Indien toerlede daarná, tot 25 April 2011, kanselleer, kry hulle R2 000 terug.  Ná 25 April 2011 word geen deposito terugbetaal nie – sien KANSELLASIE.  Alle deposito's van toerlede wat kanselleer, word eers einde September terugbetaal wanneer die toer se finansies afgesluit word.

Indien 'n toerlid genoodsaak is om vóór 25 April vanweë siekte te kanselleer, word die volle deposito minus R500 by voorlegging van 'n doktersertifikaat terugbetaal.  In geval van kansellasie as gevolg van siekte ná betaling van die volle toerprys, geld u versekeringsdekking – sien KANSELLASIE.

FINALE BETALING
Die volle toerprys plus alle ander gelde (lugawebelasting en versekering) vir die Ryntoer moet vóór 30 Julie 2011 betaal word. Soos met alle toere, is die toerprys van die Ryntoer ook aan die wisselkoers gekoppel. Tref asseblief vroegtydig die nodige reëlings sodat jou geld beskikbaar is.

Slegs vliegkaartjies en lughawebelasting kan per kredietkaart betaal word ná voltooiing van 'n vorm wat ons aan jou sal stuur.  Die res van die toerprys word aan ons betaal – nie per kredietkaart nie, maar deur deponerings of elektroniese oorplasings.

LW – Alle geld wat in banknote inbetaal word, moet die ekstra kontantinbetalingskoste insluit.  Vra jou bank hoeveel dit beloop asseblief (1% van die inbetalingsbedrag kan hiervoor begroot word.) Dit is dus voordeliger om per tjek te betaal as kontant.  Tjeks moet uitgemaak word aan Kumtu-avonture .

KANSELLASIE
Sodra die nodige reisversekeringspolis wat vir kansellasiedekking voorsiening maak, uitgeneem is, kan jy, indien jy moet kanselleer, jou geld vanaf die versekeringsmaatskappy terugeis, mits die rede vir kansellasie kragtens die polis aanvaarbaar is.  Volledige besonderhede oor reisversekering word gestuur aan almal wat inskryf.  'n Groeppolis sal beskikbaar wees vir diegene wat daarin belangstel.

VLIEGKAARTJIES EN KONSESSIEHOUERS
Alle vliegkaartjies word deur PICASSO TRAVEL in Johannesburg uitgereik.  Die vliegkaartjies sluit nie lughawebelasting en binnelandse aansluitingsvlugte na en van die O R Tambo-lughawe in Johannesburg in nie.  As jy bv vanaf Kaapstad vertrek, sal jy vir die aansluiting na Johannesburg moet bybetaal.

SAL- of SAS-konsessiehouers kan hulle by die groep in Frankfurt, of waar ooreengekom, by ons aansluit.  Die afslag op die toerprys is die vliegkaartjie van R3700.  Indien toerlede noodgedwonge met 'n ander lugdiens moet vlieg, geld dieselfde afslag.  Persone wat hierdie toegewing gebruik, word as wegbrekers beskou en moet asseblief oral waar hierdie groep genoem word, die inligting lees.

ENKELKAJUIT
Daar is nie enkelkajuite beskikbaar nie.  Enkelverblyf is slegs beskikbaar in 'n dubbelkajuit en daarom baie duur – ‘n bybetaling van R15 600 geld.  Jy spaar dus baie as jy 'n kajuitmaat het.  Probeer gerus 'n vriend/in oorreed om saam te gaan.  Ons kan probeer om vir enkellopende toerlede 'n geskikte kajuitmaat te vind, maar ons staan onder geen verpligting wat dit betref nie.

PLEK OP DIE BOOT
Die Rigoletto is 'n luukse boot.  Al die kajuite is dieselfde grootte en die uitsig vanaf albei dekke is uitstekend.  Dit is ons gebruik om toerlede wat eerste hul deposito's stuur, op die boonste dek te plaas, in die volgorde waarin dit inkom. 'n Mens is bedags selde in jou kajuit.  Terwyl die boot vaar, kuier almal heerlik in die ruim salon of bo-op die sondek.  Die salon beskik oor gemaklike stoele en die omgewing kan van daar deur die groot vensters bekyk word terwyl gratis koffie en tee verskaf word.  Rokers word beperk tot een deel van die salon.

WEGBREKERS
Indien jy op jou eie wil reis voor, gedurende of ná afloop van die toer (met ander woorde wil wegbreek van die bestaande toerprogram), is dit moontlik.  Die lugdiens hef 'n wegbrekersfooi van R500 (omdat ons ‘n spesiale groepstarief kry vir ons blok-bespreking) plus enige moontlike verskil in vliegkaartjieprys.

PASPOORTE (BAIE DRINGEND!)
Maak asseblief seker dat jou paspoort vir minstens 4 maande ná jou terugkeerdatum geldig is. Daar moet ook genoeg skoon bladsye in jou paspoort wees, vir veiligheid drie, asb.

LW! – Binnelandse Sake neem deesdae tot 3 maande om 'n nuwe paspoort uit te reik.  Indien jou paspoort nie reg is nie, kan dit veroorsaak dat jy nie jou visum betyds kan kry nie.  Tydelike paspoorte word nie deur die Duitse Ambassade aanvaar nie.

BEREKENING VAN TOERPRYS
'n Toerprys bestaan hoofsaaklik uit die koste van die vliegkaartjie en die landreëlings (koste van die busse, boot en hotel).  Die busse, boot en hotel word in Euro betaal.  Hierdie buitelandse pryse (kwotasies) verander nie, dit is slegs die verandering in die wisselkoerse wat 'n verskil in die oorspronklike prys kan maak.  Pryse is dus onderhewig aan moontlike wisselkoersveranderings.

DIE TOERPRYS SLUIT NIE DIE VOLGENDE IN NIE:

  • PERSOONLIKE UITGAWES Byvoorbeeld jou eie eet- en drinkgoed, foonoproepe, toegangsgelde vir museums, ens.
  • PASPOORTE – Verkryging daarvan.  Paspoorte moet nog vir minstens ses maande geldig wees ná die vervaldatum van jou visum.
  • VERVOER NA EN VAN SA LUGHAWENS
  • BINNELANDSE AANSLUITINGSVLUGTE
  • LUGHAWEBELASTING ± R 3640
  • VISUMS – Volgens die Schengen-ooreenkoms het jy slegs een visum vir beide Nederland en Duitsland nodig.   In die verlede kon ons namens jou aansoek doen, maar deesdae moet 'n mens dit persoonlik doen.  Ons sal die prosedure aan jou verduidelik.  Koste : ± R700
  • VERSEKERING – Reisversekering is verpligtend vir alle oorsese reise.  Jy kan die nodige versekering self uitneem of ons spesiale diens aan toerlede gebruik.  Ons neem vir die Ryntoer 'n groepversekeringspakket by T.I.C. uit.  Dit voldoen aan al die vereistes vir mediese sowel as kansellasiedekking indien dit binne die voorwaardes van die versekeraar val, maar teen 'n verminderde groepstarief.  Volledige inligting oor versekering word verskaf aan almal wat inskryf.  Reisversekering dek feitlik net mediese ongevalle.  Die meeste ander siektetoestande moet deur jou gewone mediese fonds gedek word.  Stel dus vroegtydig by jou mediese fonds vas of hulle hospitaal- en ander mediese uitgawes in die buiteland betaal en stel hulle in kennis van jou voorneme om te reis.  (ONS NOEM DIT LATER WEER).
  • ENKELKAJUIT-BYBETALIING – R15 600

 

TOT ELKE TOERLID SE VOORDEEL

  • OP DIE BOOT KRY ONS DAAGLIKS DRIE UITGEBREIDE ETES EN GEDURENDE DIE DAG TEE EN KOFFIE MET VERSNAPERINGS
  • DIE KAPTEIN VAN DIE RIGOLETTO NOOI ELKE TOERLID UIT NA ‘N SPESIALE 5-GANG KAPTEINSDINEE EEN AAND GEDURENDE DIE TOER
  • ONS MEER VAS BY TALLE INTERESSANTE PLEKKE WAAR ELKEEN DIE VRYHEID HET OM DIE OMGEWING OP HULLE EIE TE VERKEN
  • DAAR IS GEEN ONNODIGE UITPAKKERY NIE – DIE BOOT WORD JOU HUIS VIR MEER AS 'N WEEK
  • VRIENDELIKHEID EN DIENS IS WERKLIK DIE WAGWOORD VAN DIE BOOT-PERSONEEL – DIS ELKE JAAR ONS ONDERVINDING
  • DIE GESELLIGE KUIER IN DIE RUIM SALON TERWYL DIE BOOT RUSTIG VAAR EN DIE WÊRELD BY JOU VERBY GLY, BLY VOORTLEEF IN JOU HERINNERING VIR JARE DAARNA
  • TOERLEDE WEET VOORAF PRESIES WAT ALLE UITGAWES SAL WEES, SODAT HULLE BEHOORLIK KAN BEPLAN
  • ONS WORD VERGESEL VAN ERVARE TOERLEIERS WAT DIE ROETES KEN EN OMSIEN NA DIE BEHOEFTES VAN ELKE TOERLID

SKRYF IN

Rynvallei Lied

There seems to be an error with the player !